‘n Wegbreek na Garden Route Game Lodge

Geniet ‘n wegbreek by die Garden Route Game Lodge net voor Mosselbaai.  Slegs ‘n drie en ‘n half uur ry vanaf Kaapstad.  Ons het ‘n naweek geniet by die Garden Route Game Lodge in hulle Sunset Ridge kamers en het dit so baie geniet, ons wou nie huistoe gaan nie.  Die lekker ding van die Garden Route Game Lodge is die feit dat dit naby genoeg is aan die stad, maar net ver genoeg weg is om ‘n hele ander ervaring as die normale te hê en een met die natuur en wilde diere te wees.

Die area is Malaria vry, wat nog ‘n groot voordeel is en jou baie onnodige mediese besoeke te spaar.  Jy kan ook die reservaat maklik besoek sonder ‘n 4×4.

Dit is ‘n groot voordeel vir paartjies wat nie ‘n 4×4 het nie.  Dit is ‘n privaat wild reservaat.  ‘n Oases waar jy jou skoene kan uitskop en net ordentlik kan ontspan sonder om jouself te bekommer om enige iets te doen nie.

vorsprung studio vorsprung studio Garden Route Game Lodge vorsprung studio Garden Route Game Lodge Garden Route Game Lodge Garden Route Game Lodge Garden Route Game Lodge

Wildritte

Gedurende ons verblyf het ons oggend en aand wild-ritte gehad.  Die naweek wat ons gegaan het, het dit vreeslik gereën en was dit bietjie nat, maar ons het dit nogsteeds baie geniet, want ons het Warm-waterbottels en Ponjo’s gekry om ons warm te hou.  Ons was so opgewonde die reën het nie saak gemaak nie.  Op ons wild-ritte het ons Olifante, Renosters, Jagluiperd Seekoei, Buffels, Springbokke, Kameelperde, Hiëna en Leeus gesien.   Die wild-ritte neem tussen twee en drie ure.

Garden Route Game Lodge Garden Route Game Lodge Garden Route Game Lodge Garden Route Game Lodge

Sunset Ridge suites

Die kamers asook die hoof lodge het gratis Wi-Fi vir gaste om te gebruik indien jy, jou romantiese wegbreek met jou vriende en familie wil deel op sosiale media.

Ons het in die Sunset Ridge suites gebly, wat Garden Route Game Lodge se luukse suites is met ‘n buite bad in ‘n Boma vir ekstra privaatheid of ‘n massiewe binne-bad wat uitloop op die buite bad-area. Ontbyt word bedien by die Serengeti Restaurant, waar jy ontbyt kan geniet met ‘n prentjie mooi uitsig.  Daaglikse sonsopkoms en sonsak safari’s en skemerkelkies en vingerhappies op die wild-ritte.

vorsprung studio vorsprung studio Garden Route Game Lodge Garden Route Game Lodge Garden Route Game Lodge vorsprung studio Garden Route Game Lodge vorsprung studio vorsprung studio vorsprung studio vorsprung studio

Restaurant

Die Garden Route Game Lodge het ‘n groot restaurant area met ‘n buite dek wat oor die reservaat uitkyk.  Daar is ook ‘n kroeg area waar jy drankies kan geniet.  ‘n Winkeltjie wat oulike geskenkies verkoop as jy iets wil koop om jou wegbreek te onthou.

vorsprung studio vorsprung studio vorsprung studio vorsprung studio vorsprung studio vorsprung studio vorsprung studio vorsprung studio vorsprung studio vorsprung studio vorsprung studio

Reptiel Park

Ons het ook die Reptiel Park besoek waar jy slange en krokodille in lewende lywe kan aanskou.  Hulle het ‘n toer elke dag.  Anders kan jy ook self gaan soos ons en net daar rondloop en kyk.

Hulle is ook besig om ‘n splinternuwe swembad area te bou.  Ons kon ongelukkig dit nie afgeneem het nie, want dit was nog in die finale bou proses en amper klaar.  Dit gaan fantasties wees en ons het die planne daarvan gesien en ook die bou perseel besoek.  Ons kan al klaar ons self in dink hoe jy ‘n heerlike drankie langs die swembad kan geniet en in die Afrika son lê en ontspan.  Ons het bevestiging gekry dat die spa area asook die swembad area nou voltooi is en gereed is vir gaste om te geniet.

vorsprung studio vorsprung studio vorsprung studio vorsprung studio vorsprung studio vorsprung studio vorsprung studio vorsprung studio vorsprung studio vorsprung studio vorsprung studio vorsprung studio vorsprung studio vorsprung studio

Maak só kontak:

Daar is ook ander verblyf beskikbaar by Garden Route Game Lodge as jy na iets kleiner soek.  Klik hier om na al hulle verskillende verblyf opsies te kyk.

Bespreek jou wegbreek by Garden Route Game Lodge.  Jy kan hulle ‘n e-pos stuur na reservations@grgamelodge.co.za of hulle bel by 028 735 1200.

vorsprung studio vorsprung studio vorsprung studio