Ons is gaande oor Espadril se Mediterreense skoene wat reg hier in hulle studio gemaak word in die hartjie van Kaapstad. Net oor ‘n jaar terug het Rizqah Isaacs en Patricia Terre die mediterreense skoene begin maak en die ‘n Afrika twis gegee. Hierdie Spaanse espadrilles word met die hand gemaak. Elke stel is uniek en word gestik met ‘n eeue-oue tradisionele metode en kry dan ‘n plaaslike geur van ontwerp en materiale by. Die oulike ding van Espadril se Mediterreense skoene is dat dit deur letterlik enige iemand na enige plek gedra kan word of jy nou strand toe gaan of winkelsentrum toe dit is die perfekte gemaklike skoen vir jou. Hulle pryse is ook bekostigbaar en begin vanaf R 600. Spring nou om vir jou ‘n stel te kry voor die Somer aanbreek.
Besoek gerus Espadril se studio by 100 Breë straat in Kaapstad middestad of klik hier om meer inligting te kry van hul webtuiste.
Teks: Jenna McArthur en verkort deur Mooi Leefstyl
Foto’s: Niquita Bento