Betower jou leefruimte met binnenshuise plante

In die inskrywing deel ons met Mooi Leefstyl ʼn baie oulike besigheid wat begin is gedurende die Vlak 4 inperking van Mei 2020.  Julle sal onder meer lees oor Greenery, ʼn aanlyn plant winkel.  Ja, jul het reg gelees, ʼn aanlyn plant winkel … en hul lewer ook landwyd af! Die konsep is ideaal vir diegene wat meesal nou tuis werk en hul omgewing wil opkikker.   Daar is baie voordele aan binnenshuise plante.  Rol af en geniet die oulike inisiatief en deel asseblief die aanlyn plant winkel met almal wat jy ken.

Wanneer was Greenery gestig?

Greenery is deur Dewaldt Nieuwoudt gestig op 6 Mei 2020, gedurende die Vlak 4 grendeltydperk.  Dewaldt is ʼn gekwalifiseerde rekenmeester wat baie passievol oor Suid-Afrikaanse kleinsake is.  Hy het nog altyd gedroom van die dag wat hy sy eie besigheid sou kon oopmaak.  Toe die geleentheid om voordoen om by die plant industrie betrokke te raak het hy dit met beide hande aangegryp.

Nicola van Niekerk is die kreatiewe brein by die besigheid en het aangesluit as sosiale media bestuurder en sakevennoot.  Nicola en Dewaldt is al ʼn paartjie vir meer as 6 jaar.  Hulle deel ʼn liefde vir besigheid en plante wat hulle deur Greenery kan uitleef.

Greenery verskaf ʼn wye verskeidenheid binnenshuise plante en bykomstighede wat op hul aanlynwinkel te koop is. Die produkte word dan gerieflik by jou deur afgelewer.  Die grendeltydperk het baie mense aangespoor om hul huise te verfraai en te “ver-groen” wat definitief die plant- en dekor industrie ʼn hupstoot gegee het.  Sosiale media se impak het bygedra tot die wêreldwye “groen beweging” oor die afgelope paar jaar.  Greenery was goed geplaas om deel van dié beweging te vorm.

Wat was die inspirasie vir Greenery se naam?

Die Greenery span was opsoek na ʼn bondige en kragtige naam wat hul produk perfek sou beskryf.  ‘Greenery’ is ʼn woord wat voortdurend gebruik word as daar na plante verwys word.  Die stigters wou ʼn moderne en vooruit denkende handelsmerk skep en het toe op die naam ‘Greenery’ besluit.

Hoeveel verskillende produkte het julle?

Greenery het ʼn groot verskeidenheid binnenshuise plante en plant verwante dekor items wat geskik is vir die beginner plant liefhebber tot diegene met groen duime.  Die span koop plante aan by van Suid-Afrika se beste kwekers om ʼn topgehalte gehalte produk te verseker.

Die Greenery span is voortdurend besig om nuwe plante en items aan te skaf, om sodoende die beste gehalte produk aan hul kliënte te lewer.  Dit is ook vir die span baie belangrik om hul mede kleinsake ondernemings te ondersteun deur plaaslike produkte aan te koop.

Waar of hoe vind julle inspirasie vir jul produkte?

Binnenshuise plante and plant dekor het ʼn groot tendens in die afgelope paar jaar geword.  Daar was ʼn groot beweging onder stedelinge om ʼn bietjie natuur in hul woonarea’s te inkorporeer.   Sodoende die “groen” binnetoe te bring.

Om ʼn mooi en vars atmosfeer te skep het mense innoverende en kreatiewe maniere gevind om plante in hul spasies te gebruik.

Daar is geen tekort aan inspirasie in die plant industrie nie.  Instagram en Pinterest foto’s dien as ʼn groot bron van inspirasie vir plant liefhebbers.  Dit bied aan gewone mense die geleentheid om hul spasies in plant paradyse te omskep en dit met ander te deel.

Om met plante te werk en hul te versorg het definitief ook ʼn kalmerende invloed.  Die natuurlike skoonheid van plante en hul vermoë om ʼn spasie op te helder het bygedra tot die gewildheid van binnenshuise plante.  Dit is ook goed vir die siel om groei op ʼn daaglikse basis te sien en spreek tot mens se behoefte om na die natuur om te sien.

Waar kan ons lesers Greenery produkte koop?

Greenery plante en produkte is aanlyn beskikbaar by www.greenery.capetown.  Plante word landswyd afgelewer.  Die span kan ook via Instagram en Facebook gekontak word vir enige navrae. Greenery is ook deel van die Kamers mark by Blaauwklippen in Stellenbosch wat einde Oktober 2021 plaasvind.

Wat is julle gewildste produkte?

Die Delicious Monster (ʼn klassieke huisplant uit die 70’s) en Skoonma se Tong bly staatmakers.  Calatheas (met mooi tropiese blare) het ook in gewildheid toegeneem.  Die Ficus Lyrata (Fiddle Leaf Fig) en Ficus Elasticas bly ook gewilde opsies vir kliënte wat opsoek is na taaier plante wat ʼn bietjie hoogte bied.

Word julle produkte plaaslik vervaardig?

Al Greenery se plante word plaaslik gekweek.  Die Greenery span soek landswyd na die beste plante vir hul kliënte.  Plante kom uit die Weskus, KwaZulu-Natal, Gauteng en Mpumalanga.

Die kwekers het dekades se ervaring en skep die optimale mikro-klimate vir verskillende tipes plante in hul kweekhuise.  Baie binnenshuise plante word onder donkerder skadu nette gekweek om hul natuurlike habitat van oerwoude na te boots.

Plante word streng gemonitor gedurende die kweek proses en voortdurend oorgeplant na groter potjies namate hulle groei. Die proses is arbeidsintensief en verg baie hande.  Die groothandel kwekerye is groot verskaffers van werk in kleiner gemeenskappe.

Greenery ondersteun ook plaaslike pot- en mandjie verskaffers.  Daar is ʼn wye netwerk kleinsake ondernemings wat spesialiseer in handgemaakte produkte.  Die Greenery span is altyd opsoek na nuwe geleenthede om met plaaslike ondernemings te werk.

Waar kan Mooi Leefstyl se lesers Greenery volg op sosiale media?

Hoe kan Mooi Leefstyl se lesers julle kontak?

Fotograaf: Nicola van Niekerk