Tee-Hemp mode met ʼn storie

Republk is mode met ʼn storie agter hul ontwerpe.  Republk is deur Charl en Liza-Mari Oberholzer in September 2018 begin, alhoewel die t-hemde alreeds sedert 2013 onder die maatskappy, De Afrikander Handelshuis bedryf was.  Sedert Februarie 2019 het Zandelie Theunissen ook by die span aangesluit.  Sy het die handelsmerk help uitbou tot wat dit vandag is.

Republk se produkreeks bestaan uit mans en dames t-hemde en bykomstighede soos horlosies, sonbrille en leer produkte.  Elke produk het ’n unieke storie en elke ontwerp gaan gepaard met ’n brokkie geskiedenis of ’n trots Suid-Afrikaanse verhaal.  Lees meer oor Mooi Leefstyl se onderhoud met Republk en bestel sommer jou gunsteling produk as jy klaar gelees is.

Republk Tee-Hemp Republk Tee-Hemp

Inspirasie agter die t-hemde:

Liza-Mari het ’n Doktorsgraad in geskiedenis – so sy is mal daaroor om met die ontwerpe unieke verhale te vertel, terwyl Zandelie haar agtergrond in kuns gebruik om inspirasie te kry vir werklike unieke ontwerpe.

Republk Tee-Hemp Republk Tee-Hemp

Republk se produkte sluit in:

T-hemde, Vellies, Beursies, Babygrows, Sonbrille, Horlosies, Enamel Bekers, Drupmatjies en Kouse.  Republk is ’n leefstyl handelsmerk wat drie beginsels onderskryf – harde werk, klassieke styl en ’n druppel ruwe natuur.

Republk Tee-Hemp Republk Tee-Hemp

Vanwaar die naam Republk?

Die definisie van ’n “republiek” is ” ʼn Staat waarin soewereiniteit vanaf die mense afkomstig is.”  Die handelsnaam Republk is die samekoms van mense met dieselfde idees en drome, ongeag waar hulle in die wêreld is.  Om deel te wees van die Republk-leefstyl is om deel te wees van ’n gemeenskap van mense wat ’n sagte plek het vir Afrika, lief is vir die natuur en vreesloos hulle eie identiteit opeis.

Republk Tee-Hemp Republk Tee-Hemp Republk Tee-Hemp Republk Tee-Hemp

Plaaslik vervaardig:

Republk t-hemde word in Mpumalanga vervaardig en aanmekaar gesit terwyl dit in Johannesburg gedruk word.  Die snitte en materiaal is uniek en sal nie sommer êrens anders op die Suid-Afrikaanse mark gesien word nie.  Die ontwerpe van die hemde word met verf en skerms toegepas, wat ’n tradisionele en tydrowende tegniek is, maar verseker dat dit nie uitwas nie en hoë gehalte is.

Verder word leer produkte per hand in Pretoria en Potchefstroom vervaardig.

Harde werk:

Behalwe dat Republk-volgelinge mense is wat hulle harte uit werk om vir hulle gesinne ’n beter toekoms te skep, werk ons hard om gehalte produkte te skep wat nooit teleurstel nie.  Elke t-hemp se drukwerk word noukeurig nagegaan, dit was nie uit nie en hemde krimp nie.  Ons t-hemde se snit is uniek, die leer produkte is handgemaak en elke produk het ’n storie.

Republk Tee-HempRepublk Tee-Hemp

Klassieke styl:

Republk is ’n Afrikaanse handelsmerk wat op ’n klassieke manier die wêreld wil verras.  Ons wil die assosiasie met Afrikaanse handelsmerke vestig as iets stylvol en tydloos.  Soos wat Duitse produkte bekendstaan as goeie gehalte, so wil ons hê die wêreld moet Afrikaans koop omdat dit klassiek en modern is.

Republk Tee-Hemp Republk Tee-Hemp Republk Tee-Hemp Republk Tee-Hemp Republk Tee-Hemp Republk Tee-Hemp Republk Tee-Hemp Republk Tee-Hem Republk Tee-Hemp Republk Tee-Hem

ʼn T-hemp met ʼn storie:

1c Mossie – Dames t-hemp:

Is twee mosses nie vir ʼn sent te koop nie? En tog sal nie een van hulle op die grond val sonder die wil van die Vader nie.  Van julle is selfs die hare op julle kop almal getal.  Moet dan nie bang wees nie.  Julle is meer werd as baie mossies (Matteus 10:29 – 31).

Met die woorde het boervrou, Anette Marais, agter die draad van ʼn konsentrasie-kamp haar mede kamp genote een oggend uit die Bybel probeer bemoedig.  Sy vertel dat sy die vorige nag God vir ʼn boodskap gesmeek het, en terwyl sy die woorde gelees het, ʼn mossie op haar skouer kom sit het.  Die verhaal het in 1902, na die oorlog, vir Jan Smuts bereik en die gevolg is dat die mossie in 1923 op die land se kleinste muntstuk verskyn het.

Blommetjie gedenk aan my – Dames t-hemp:

Blommetjie gedenk aan my word gesien as die eerste Afrikaanse “rock”-liedjie.  Die lied is gebaseer op die ware verhaal van ‘n vrou wat in 1968 op pad na haar troue in ‘n motorongeluk oorlede is. Sommige mense beweer dat hulle die spook van die vrou in Uniondale al gesien duimry het.  Daarom lui die liedjie se woorde: “Blommetjie gedenk aan my, en sy lig haar duim na bo; Blommetjie gedenk aan my, sing die spook van die Klein Karoo.”

Die blom op die ontwerp is die Koning-Protea (Protea cynaroides) en is een van vyf nasionale simbole van Suid-Afrika.  Die Koning Protea is die grootste van sy soort en kom voor in die suid-westelike en Suidelike areas in die Wes-Kaap.

Vind jou ware noord – Mans t-hemp:

Jou ware Noord is jou egte identiteit, dit jy wat jy ontdek nadat jy deur donker dieptes is.  Wanneer jy bo almal se verwagting kop bo water hou.  Identiteit word nie gekweek ten spyte van uitdagings nie, maar eerder as gevolg daarvan.

Suid-Afrika is ons trots, ons land en ons erfenis.  Uitdagings in terme van taal vryheid, politieke druk en geweld maak jou nie minder jy nie, maar laat jou juis besef wie jy werklik is en waarop jy kan trots wees.  Om jou ware Noord te vind is om jou identiteit op te eis, om te kies wie jy wil wees en so teen die hele wêreld vry wees – of jy in Amerika, Nieu-Seeland, Australië of Suid-Afrika woon, is jy deel van dieselfde REPUBLK.

Wolraad Woltemade – Mans t-hemp:

Wolraad Woltemade word erken as een van die eerste helde in die geskiedenis van Suid-Afrika.  Op 31 Mei 1773 het die VOC skip, De Jonge Thomas op Woodstock strand op die sand gedryf.  Woltemade se seun was een van die soldate wat die wrak moes oppas om te verhoed dat die inhoud geplunder word.  Woltemade het besoek met sy aankoms gesien dat niks gedoen word vir die matrose aan boord te red nie. Op 65 jarige ouderdom het hy met sy perd, Vonk, sewe keer die branders getrotseer om veertien mense te red en hul na veiligheid te bring aan land.  Op die agtste keer het hy en sy perd onder die golwe verdwyn nadat ʼn klomp mense op die perd probeer spring het in hul desperaatheid.  Woltemade se liggaam en die van sy perd het die volgende dag uitgespoel op die strand.

Republk Tee-Hem Republk Tee-Hem Republk Tee-Hem Republk Tee-Hem Republk Tee-Hem Republk Tee-Hem

Republk se kontak besonderhede:

Besoek Republk se aanlynwinkel  of op Afrikander.  Republk se produkte is hoofsaaklik op www.republk.co.za te koop.  Dit is verder ook te koop by Safari Outdoor winkels en die Kruger Nasionale Wildtuin.  Vir meer oor hul produkte vol hul op Facebook en Instagram. Indien jy enige spesifieke vrae het, stuur hulle gerus ʼn e-pos.

Republk Tee-Hemp

    Artikel Krediet:

    • Fotograaf:  Okaydeer
    • Modelle: PJ Claasen, Rozier van Tonder, Wernard van Zyl, Janke van Heerden en Ben Schempers