Moderne Keramiek Produkte vir jou huis

Ons gesels met Catherine Ash; die stigter en kunstenaar van die Keramiekkuns produkte besigheid, Ash Ceramics.  Catherine het van kleintyd af daarvan gehou om te speel met smeebare materiale.  Die potensiaal van ‘n bal klei of speel-deeg in haar hande was onbeperk.  Dit gee nogsteeds daagliks baie opgewondenheid aan Catherine.  Alhoewel sy van kleintyd gehou het om met die produkte te speel het. Het haar fassinasie met die alchemie van keramiek eers begin op hoërskool in Stockholm, waar sy gematrikuleer het.

Sy het aan die einde van 2013 begin met klein tafel ware items toe sy gewerk het by Art In The Forest, een van Kaapstad se mooiste Keramiek studio’s volgens Catherine.   Sy het Ash Ceramics amptelik geregistreer in 2015 en kan nie glo dat hulle al twee jaar oud is nie.

Toe Ash Ceramics begin was, het Ettore-Sotsass wéér ‘n groot tendens begin met die Memphis beweging wat baie elemente gehad het soos lyne en blok kleure.  Catherine kon nie help om dit in haar ontwerpe te inkorporeer nie.   Catherine vind meeste van haar inspirasie van straat merke en pad tekens.  By Ash Ceramics is hulle ook altyd besig om nuwe style en ontwerpe uit te toets wat dan later sal deel maak van hulle bestaande reeks.  Tydens ons onderhoud was hulle besig met Tapas-bakkies wat hulle wil deel maak van hulle reeks in Oktober.

Ash Ceramics kan ook ‘n unieke ontwerp maak vir hulle kliënte.  Dit moet nogsteeds inpas by die styl en gevoel van Ash Ceramics se estetika.  So as jy hou van wat jy sien en net ietsie klein wil verander gesels gerus vir Ash Ceramics en kyk wat hulle jou kan bied en of hulle jou sal kan help.

Volg Ash Ceramics op Instagram en Facebook.

handmade ceramics south africa handmade ceramics south africa

Die maak van Ash Ceramis se produkte:

Keramiek is ‘n baie lang proses.  Elke stuk wat gemaak word, gaan deur sowat 10 verskillende stappe en dit neem ‘n minimum van 8 dae om te voltooi.  Die meeste van die werk begin met die bou van ‘n oorspronklike vorm per hand en om dit dan deur die eerste (bisque) vuur-proses te sit.  As Catherine van die vorm hou en kies om dit te herhaal.  Sal sy ‘n vorm of ‘n hele paar vorms daarvan maak.  Sy gooi dan elke stuk in my spesifieke mengsel steengoed.  Daarna word elke stuk word geknip, gespons, bisque, geskuur, geverf en dan die laaste stap sal weer om die geglasuur oor te sit.

 

handmade ceramics south africa handmade ceramics south africa handmade ceramics south africa handmade ceramics south africa

Kry Ash Ceramics se produkte:

handmade ceramics south africa

Advies vir Entrepreneurs:

Die grootste advies wat Catherine kan bied is dat enige iemand wat ‘n besigheid wil begin, veral ‘n kreatiewe besigheid, dat self twyfel dikwels jou sukses terug hou.  Dit is altyd goed om iemand te hê wat jou herinner wat jou vermoëns en prestasies is.

handmade ceramics south africa