‘n Wegbreek na die luukse Cellar1947

Cellar1947, ‘ n Robertson luukse selfsorg akkommodasie, is geleë op die Roodehoogte Plaas.  Wat ideaal is vir ‘n naweek wegbreek na Robertson, om te dink Cellar1947 was ‘n ou wynkelder. Geleë wat op ‘n werkende plaas  en nou verander is in ‘n moderne selfsorg akkommodasie eenheid waar jy herinneringe kan maak.

Die moderne staal konstruksie en oorspronklike baksteen mure aan die binnekant werk perfek saam.  Dit skep die gevoel van ‘n moderne glaskas en die ou-wêreldse baksteen mure van die ou wynkelder.  Die moderne struktuur met baie glas gee vir jou oneindige uitsigte van die Langeberge wat die plaas omring en ook die mooi uitsigte van die landerye.  Daar is nie gordyne nie, so jy sal verseker die uitsig in neem gedurende jou verblyf.

Braam is die gasheer en ‘n baie vriendelike persoon wat passievol is oor Cellar1947 en die plaas waarop dit gebou is.  Hy vertel graag oor die transformasie van die ou wynkelder tot die nuwe luukse selfsorg eenheid.

Geriewe:

Die kombuis is ten volle toegerus met ‘n gasstoof, elektriese oond, eetgerei, breekware, ketel, yskas-vrieskas eenheid, mikrogolfoond, potte en panne.  Daar is ook ‘n skottelgoedwasser, so jy hoef nie jouself te bekommer om jou hande te vuil te maak gedurende jou naweek wegbreek nie.

Cellar1947 se dubbel-volume leef area is lekker ruim.  Dit sluit fasiliteite in wat jy nie sommer by ander selfsorg eenhede sal ontvang nie wat die Robertson luukse selfsorg akkommodasie baie besonders maak.  Wanneer dit kom by binne-huise vermaak is daar Satelliet-TV, Gratis Wi-Fi wat vinnig  is.  Perfek vir dié van julle wat opsoek is na vinnige Wi-Fi.  Xbox met speletjies, Netflix en ook Showmax kom by die lys.  Wat ‘n fantastiese boeket van opsies.   Daar is ‘n ses sitplek eetkamer tafel langs die kombuis wat dit lekker gesellig maak vir die wat besig is om kos te maak.

Robertson luukse selfsorg akkommodasie

Unieke elemente:

Callar1947 het ‘n ondergrondse wynkelder wat bedek is met ‘n 200 kilogram deur in die sitkamer gedeelte.  Ons was verwelkom deur Braam en Riaan met ‘n sjokolade en wyn-paring onder in die kelder wat op ‘n tyd ‘n tenk was en nou gerestoureer was in ‘n regte ondergrondse wynkelder.  Dit is iets anders as die gewonde kelder wat jy in ‘n selfsorgeenheid sal sien.  Definitief ‘n moet om te kom ervaar.  Daar is koerant papiere teen die kelder se dak wat terug dateer na 1946.

Robertson luukse selfsorg akkommodasie

Hoeveel gaste kan hier slaap?

Die eenheid het slaapplek vir 4 volwassenes en 2 kinders.  Met die hoofslaapkamer wat bo is, het ‘n koninggrootte-bed en ‘n dubbelslaapbank vir die kinders.  Daar is ‘n tweede slaapkamer onder geleë, met ‘n dubbelbed en deure wat uitloop op die grasperk.  Die hoofslaapkamer se badkamer is iets soos van ‘n Pinterest-bord, groot en modern.  Dit is prentjie mooi afgewerk met industriële elemente – verfynde wit afwerkings vir die stort, bad en wasbakke.  ‘n Kontras tussen die verfynde afwerkings en die industriële gevoel, pas perfek bymekaar.

Robertson luukse selfsorg akkommodasie Robertson luukse selfsorg akkommodasie Robertson luukse selfsorg akkommodasie Robertson luukse selfsorg akkommodasie Robertson luukse selfsorg akkommodasie Robertson luukse selfsorg akkommodasie Robertson luukse selfsorg akkommodasie

Kuier lekker:

Cellar1947 het ook ‘n lieflike klein verhitte swembad/borrelbad wat reg voor die stoep area.  Buite is daar ook ‘n lekker groot tafel en ‘n heerlike braai area as jy gesellig wil wees met vriende of familie.

Robertson luukse selfsorg akkommodasie Robertson luukse selfsorg akkommodasie

Maak kontak:

As jy opsoek is na ‘n naweek wegbreek plek of selfs ‘n paar aande in die week, kontak Braam deur ‘n e-pos te stuur na  braam@roodehoogte.co.za vir meer verblyf kostes en beskikbaarheid.  Ons beveel aan jy boek so spoedig moontlik, want Cellar1947 gaan definitief ‘n populêre wegbreek plek word, so boek voor jou vriende en familie hierdie juweel agterkom.

Volg Cellar1947 op Facebook en Instagram.

Robertson luukse selfsorg akkommodasie