Greyroom se handgeweefde matte en kuns

Vanaf 2014 spesialiseer Jonette Schoeman in die maak van handgeweefde matte en kuns, gemaak uit katoen en karakoel wol.  Haar besigheid, Greyroom, het sedertdien uitgebrei en haar produkte het gesogte binnenshuise dekor elemente geword.  Die produkte sluit in pragtige kwaliteit matte, asook kunswerke om teen jou muur op die hang.  Dit skep ‘n gevoel van kalmte en verskaf warmte en diepte aan enige vertrek.  Haar produkte is uniek en sal beslis nie in enige winkel gesien word nie;  Elke kunswerk word spesiaal volgens die kliënt se spesifikasies gemaak.

Sy bied ook werkswinkels aan vir diegene wat geïnteresseerd is in die maak van handgeweefde produkte en meer wil leer oor hoe om dié vaardigheid te bemeester.  Dit kan ‘n heerlike dag vir jou en jou vriendinne wees om te ontspan en terselfdertyd ‘n nuwe vaardigheid aan te leer.

Indien jy sukkel om ‘n vertrek huislik en warm te laat voel, moet jy sommer nou na Jonette se produkte gaan kyk.  Rol af en lees meer oor die produksieproses en waar om hierdie kunswerke in die hande te kry.

Greyroom se 100% katoen produkte Greyroom hand-woven rugs and art, made from cotton and caracol wool

Greyroom – die besigheid se naam:


Die besigheid se naam is geïnspireer deur die musikant Damien Rice se liedjie, Grey Room.  Dit is een van Jonette se gunsteling liedjies.  Die naam is goed gepas aangesien meeste van Jonette se handgeweefde matte en kuns uit natuurlike grys wol geweef word.

Greyroom se 100% katoen produkte Greyroom se 100% katoen produkte Greyroom hand-woven rugs and art, made from cotton and caracol wool Greyroom se 100% katoen produkte Greyroom hand-woven rugs and art, made from cotton and caracol wool

Unieke produkte en produksie:


Greyroom se weefwerk word spesiaal volgens die kliënt se spesifikasies gemaak.  Daarom fokus hulle eerder op oorspronklike ontwerpe as op massa produksie.  Hulle fokus hoofsaaklik op twee hoof afdelings, naamlik handgeweefde matte en handgeweefde kunswerke vir teen die muur.  Die matte is beskikbaar in 100% katoen of karakoel wol wat in verskillende natuurlike kleure voorkom.

Die muur kuns is beskikbaar in ‘n verskeidenheid vesel-tipes, ontwerpe en teksture.  ‘n Onlangse en populêre byvoeging to die muur kuns is hulle geraamde weefstukke.  Die kombinasie van moderne ontwerpe in ‘n eikehout raam skep ‘n gesofistikeerde stuk met ‘n aardse gevoel.

Greyroom hand-woven rugs and art, made from cotton and caracol wool Greyroom se 100% katoen produkte Greyroom hand-woven rugs and art, made from cotton and caracol wool

Greyroom se produkte:


Al Greyroom se weefwerk word noukeurig saam met die kliënt beplan en ontwerp.  Hulle werk dus volgens bestellings en dra nie voorraad nie.  Dit verseker dat elke weefstuk uniek en persoonlik is.  Kliënte kan deur Greyroom se sosiale media met hulle in kontak kom.

Greyroom hand-woven rugs and art, made from cotton and caracol wool Greyroom se 100% katoen produkte Greyroom hand-woven rugs and art, made from cotton and caracol wool

Gewilde produkte:


Greyroom se muur kuns in 100% katoen is baie gewild.  Die weefstukke is neutraal, stylvol en modern.  Dit bevat interessante teksture wat warmte en diepte aan enige vertrek gee.

Greyroom hand-woven rugs and art, made from cotton and caracol wool Greyroom se 100% katoen produkte

Produksie proses:


Greyroom se weefstukke word deur die einaar, Jonette, in haar studio by haar huis geweef.  Dit is ‘n tydsame, maar opwindende proses. Weef is vir haar ‘n avontuur en uitdaging met onbeperkte kleurskemas, teksture en patrone.

Greyroom hand-woven rugs and art, made from cotton and caracol wool

Advies vir ander entrepreneurs:


“Make it your ambition to live a quiet life, to mind your own business and to work with your hands.”

Greyroom se 100% katoen produkte Greyroom hand-woven rugs and art, made from cotton and caracol woolGreyroom se 100% katoen produkteGreyroom hand-woven rugs and art, made from cotton and caracol wool Greyroom hand-woven rugs and art, made from cotton and caracol wool Greyroom hand-woven rugs and art, made from cotton and caracol wool Greyroom hand-woven rugs and art, made from cotton and caracol wool

Kontak Greyroom:


Vir meer produk spesifieke informasie, besoek Greyroom se webtuiste of stuur hulle ‘n e-pos.  Jy kan hulle ook volg op Instagram en Facebook om hul nuutste produkte te sien ek dekor inspirasie te kry.

Greyroom hand-woven rugs and art, made from cotton and caracol wool Greyroom hand-woven rugs and art, made from cotton and caracol wool

    Artikel Krediet:

    • Antwoorde verskaf deur:  Greyroom
    • Foto krediet: Nina Buys, Louzelle van Dyk en Karakoel wol matte