Luukse familie wegbreek na President Hotel

The President Hotel

Luukse familie wegbreek na die President Hotel in Bantry Bay.  Ons was genooi om die luukse President Hotel in Seepunt te ervaar.  Dit was ‘n fantastiese ervaring en kan dit definitief aanbeveel vir paartjies opsoek is na ‘n plaaslike wegbreek plek of wittebrood plek.  Geleë in die hartjie van die Atlantiese seekus.  Die hotel bestaan al vir jare en op die perseel was daar nog altyd een of ander vorm van gasvryheid besigheid.  Dit is heropen in 1998 deur President Nelson Mandela en het ook daarna weer ‘n nuwe oordoen gehad.

Die hotel het moderne luukse afwerkings wat ‘n luukse oord gevoel het.  Dit is sentraal geleë en binne loop afstand van baie fasiliteite in die area.  As jy opsoek is na ‘n lieflike familie wegbreek plek en voel of jy iewers op ‘n eiland is, dan moet dié hotel bo aan jou lysie wees.  Lesers meer oor ons ervaring by die President Hotel onder en wat ons alles hier gedoen het.

Mooi Leefstyl besoek verskeie verblyf opsies van luukse stads hotelle tot lekker plaas plekke.  Lees meer oor ons ander resensies op Mooi Troues.

The Presindet Hotel Sea Point_0001 The Presindet Hotel Sea Point_0001 The Presindet Hotel Sea Point_0001 The Presindet Hotel Sea Point_0001 The Presindet Hotel Sea Point_0001

Ligging:


Loop afstand van Seepunt promenade en vele ander fasiliteite in die area maak die hotel sentraal geleë en perfek vir families wat hou daarvan om rond te beweeg.  Huur ‘n fiets in die area en besoek verskillende plekkies in Seepunt en die Waterfront.

Die hotel is slegs ses kilometers weg van die middestad, een en ‘n half kilometers vanaf Clifton Strand en slegs twee ‘n half kilometers vanaf Kampsbaai strand.  Dan is daar ook die Victoria & Alfred Waterfront wat slegs vier kilometers weg is.

In die area is daar baie verskillende restaurant opsies – letterlik alles waaraan jy kan dink.  Van klein tot groot restaurante.  Omdat die hotel so sentraal geleë is, is dit maklik om rond te beweeg in die area sonder ‘n motor.  Daar is ook ‘n MyCiTi bus stasie oorkant die pad.

The Presindet Hotel Sea Point_0001 The Presindet Hotel Sea Point_0001 The Presindet Hotel Sea Point_0001 The Presindet Hotel Sea Point_0001 The Presindet Hotel Sea Point_0001

Luukse Verblyf:


Ons het in die luukse een slaapkamer eenheid oornag, wat ‘n lieflike groot eenheid is met baie spasie.  Die President Hotel se span het ons omtrent bederf.  Toe ons in die kamer kom was daar van ons gunsteling vinger happies en drankies.  Baie dankie!  Dit wys die hotel het baie aandag op die kleiner detail van hulle gaste.  Ons eenheid het ‘n ruim leefarea gehad met ‘n televisie en DSTV toegang.  Daar is ook ‘n oulike klein glas eetkamer tafel in die kombuis area, perfek as jy ietsie klein wil eet in die kamer.

Daar is ook ‘n spasie vir jou skoot rekenaar of om poskaarte te skryf.  Ons weet as jy op jou wittebrood of ‘n romantiese wegbreek is jy nie e-posse wil beantwoord nie.  Soos alles, is daar party mense wie dit ongelukkig nogsteeds moet doen, so die opsie is daar.  Daar is gratis WiFi in die kamers so jy kan al jou foto’s op sosiale media deel.

Die afwerkings van die hotel kamer is luuks en van ‘n höe standaard met koffie en tee fasiliteite en ‘n klein yskas.  Daar is ‘n ruim badkamer met ‘n bad en ‘n stort in die bad.  Die toilet area is apart van die badkamer – bonus!

In die slaapkamer is daar moderne afwerkings, ‘n ruim klerekas om jou klere op te hang.  Daar is ook ‘n kluis om jou waardevolle items te stoor.  Die kamer het ‘n groot bed en ‘n televisie in die kamer.  So jy kan jou gunsteling vermaak kyk in die gemaklikheid van jou bed.

Ons kamer het die mooiste uitsig gehad.  Jy het oor die swembad area van die hotel gekyk en die mooi oop see.

The Presindet Hotel Sea Point_0001The Presindet Hotel Sea Point_0001 The Presindet Hotel Sea Point_0001

The Presindet Hotel Sea Point_0001 Vorsprung Studio - ARCHITECTURAL AND INTERIOR PHOTOGRAPHER Vorsprung Studio - ARCHITECTURAL AND INTERIOR PHOTOGRAPHER Vorsprung Studio - ARCHITECTURAL AND INTERIOR PHOTOGRAPHER Vorsprung Studio - ARCHITECTURAL AND INTERIOR PHOTOGRAPHER Vorsprung Studio - ARCHITECTURAL AND INTERIOR PHOTOGRAPHER Vorsprung Studio - ARCHITECTURAL AND INTERIOR PHOTOGRAPHER Vorsprung Studio - ARCHITECTURAL AND INTERIOR PHOTOGRAPHER Vorsprung Studio - ARCHITECTURAL AND INTERIOR PHOTOGRAPHER Vorsprung Studio - ARCHITECTURAL AND INTERIOR PHOTOGRAPHER Vorsprung Studio - ARCHITECTURAL AND INTERIOR PHOTOGRAPHER Vorsprung Studio - ARCHITECTURAL AND INTERIOR PHOTOGRAPHER Vorsprung Studio - ARCHITECTURAL AND INTERIOR PHOTOGRAPHER Vorsprung Studio - ARCHITECTURAL AND INTERIOR PHOTOGRAPHER Vorsprung Studio - ARCHITECTURAL AND INTERIOR PHOTOGRAPHER Vorsprung Studio - ARCHITECTURAL AND INTERIOR PHOTOGRAPHER

Fasiliteite by die President Hotel:


Spa:  Daar is darem niks lekkerder as ‘n masseer bederf nie.  Ons het dit vreeslik geniet om net te kan ontspan en vergeet van enige stres.  Dit is ‘n kleinerige Spa op die grondvloer van die hotel en is perfek vir ‘n lekker ontspan sessie.  Ons het ‘n vol-lyf massering gehad – een van ons gunsteling behandelinge wanneer ons ‘n Spa besoek.  Wel, dit en gesig behandelinge.   Al daardie stres knoppe is in die eerste paar minute uitgedruk.   Elke familie wat op ‘n wegbreek gaan moet ‘n spa-sessie iewers inpas.

Swembad:  Dit is omtrent mooi en kyk uit oor die Atlantiese see.  Daar is ‘n klein kinder swembad aan die kant voor wat vlak is en dan is daar die groot swembad waar jy ure kan swem en die Afrika son geniet.  Bestel jou gunsteling drankie by die kelners en geniet dit langs die swembad met jou groot strooihoed.

Kroeg:  Daar is ‘n lekker groot kroeg by die hotel met maklike toegang tot die buite area by die swembad.

Vorsprung Studio - ARCHITECTURAL AND INTERIOR PHOTOGRAPHERVorsprung Studio - ARCHITECTURAL AND INTERIOR PHOTOGRAPHER The Presindet Hotel Sea Point_0001 Vorsprung Studio - ARCHITECTURAL AND INTERIOR PHOTOGRAPHER

‘n Kinder-vriendelike omgewing:


By die President Hotel is hulle kinder-vriendelik en is mal daaroor om families en kinders te verwelkom.  Hulle maak die kamer so spesiaal vir kinders en het verskillende opsies beskikbaar.   Die kamer wat ons in was, het hulle die oulikste kinderbed opgemaak met warm sjokolade langs die bed.  Daar was inkleurboeke en die lekkernye vir die kinders.  Daar is baie om die kinders besig te hou.  Van die kinder swembad, pizza area buitekant en ook die Rooibus toere in die area.

Die hotel het ons ‘ Roobuis toer kaartjie geboek.  Hulle toer agent sal jou met graagte help om jou I-Venture kaartjie vir jou familie te boek.  Jy kan dan op en af klim met die Rooibus wat deur en om die stad beweeg.  Dit skep baie opgewondenheid en die hele familie sal dit geniet.

Pizza vir die familie:


Pizza:  Lekker!  Ons is mal oor Pizza en die President Hotel is bekend vir hulle heerlike pizza’s wat hulle in ‘n vuur oond maak.  Wat is dan nou lekkerder as ‘n heerlike ontspan sessie by die swembad met ‘n skemerkelkie in die hand en ‘n heerlike pizza.  Geniet sommer Pizza vir aandete met ‘n heerlike melkskommel of drankie van jou keuse.  Ons is mal oor Pizza en sjoe hulle pizza was regtig baie groot en lekker gewees.

Vorsprung Studio - ARCHITECTURAL AND INTERIOR PHOTOGRAPHER Vorsprung Studio - ARCHITECTURAL AND INTERIOR PHOTOGRAPHER The Presindet Hotel Sea Point_0001 Vorsprung Studio - ARCHITECTURAL AND INTERIOR PHOTOGRAPHER Vorsprung Studio - ARCHITECTURAL AND INTERIOR PHOTOGRAPHER Vorsprung Studio - ARCHITECTURAL AND INTERIOR PHOTOGRAPHER

Ontbyt:


‘n Goeie ontbyt kan jou dag definitief beter maak, of te wel, so glo ons!  By die President Hotel kan jy ‘n fantastiese ontbyt verwag met ‘n groot verskeidenheid opsies.  Daar is letterlik alles waaraan jy kan dink op hul ontbyt uitleg.  Van heerlike koue vleisie, kase, ingelegde vrugte, vars vrugte, brood, pappe en vele meer.   Jy kan jou warm ontbyt self skep by hulle buffet styl ontbyt. Daar is ook ‘n kok wat gereed staan om jou eiers voor te berei soos jy daarvan hou.  Hulle het definitief ‘n wenner ontbyt!

Vorsprung Studio - ARCHITECTURAL AND INTERIOR PHOTOGRAPHER Vorsprung Studio - ARCHITECTURAL AND INTERIOR PHOTOGRAPHER Vorsprung Studio - ARCHITECTURAL AND INTERIOR PHOTOGRAPHER Vorsprung Studio - ARCHITECTURAL AND INTERIOR PHOTOGRAPHER Vorsprung Studio - ARCHITECTURAL AND INTERIOR PHOTOGRAPHER Vorsprung Studio - ARCHITECTURAL AND INTERIOR PHOTOGRAPHER Vorsprung Studio - ARCHITECTURAL AND INTERIOR PHOTOGRAPHER Vorsprung Studio - ARCHITECTURAL AND INTERIOR PHOTOGRAPHER Vorsprung Studio - ARCHITECTURAL AND INTERIOR PHOTOGRAPHER Vorsprung Studio - ARCHITECTURAL AND INTERIOR PHOTOGRAPHER Vorsprung Studio - ARCHITECTURAL AND INTERIOR PHOTOGRAPHER

Afrtikel krediet